’n Resolusie waarvolgens die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) direksielede wil herroep wat nie sy mandaat op sy sakevleuel uitvoer nie, was blykbaar ’n bepalende faktor in die besluit van Spencer King om sy amp as die unie se vise-president te ontruim.
King het sy bedanking kort voor Kersdag ingedien – enkele dae voordat die WPRU glo sou vergader om ’n resolusie deur te voer wat die unie in staat sou stel om van sy afgevaardigdes by die sakevleuel by te kom.
“Hulle gaan mense herroep wat nie gedienstig is nie, en mense daar sit wat sal wees,” het ’n hooggeplaaste aan Netwerk24 gesê.