Die Springbok-haker Joseph Dweba kan moontlik van volgende seisoen weer sy rugby in Suid-Afrika speel.
Netwerk24 het betroubaar verneem dat Dweba, wat by die Bordeaux Begles in Frankryk gekontrakteer is, met die Westelike Provinsie gesprekke gevoer het. Sou hy die skuif van Frankryk af maak, sal hy eers vir die 2022-’23-seisoen in die Kaap aanmeld.
Voor dan moet daar nog baie water in die see loop, maar dit sal sy toetsambisies ’n hupstoot gee deur gereeld in Suid-Afrika onder Jacques Nienaber, die Bok-afrigter, se neus te speel.