’n Mens kan vanjaar maar kennis neem van die eerste rugbyspan van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) nadat hy Saterdag die gedugte Paul Roos Gimnasium kafgedraf het op die tweede dag van die Noord-Suid-rugbytoernooi.
Affies se Wit Bulle het ’n taai en senutergende kragmeting in sy agterplaas teen die Maroen Masjien met 24-18 gewen nadat hy in ’n stadium met 14-0 voor was.
Dit was die Pretorianers se eerste oorwinning oor die span van die Eikestad in sewe jaar.