Wanneer die Hoër Jongenskool (Boishaai) en Paul Roos Gimnasium mekaar Saterdag in die Paarl die stryd aansê, sal die Stellenbosse span ’n eerste oorwinning in vyf jaar oor die Paarliete in die visier hê.
Nadat Boishaai in 2022 (35-15) en 2019 (29-16) met die louere gespog het, weet Sean Erasmus, Boishaai se breier, alte goed dat sy span ’n teiken op die rug het.
Die span van die Eikestad kon laas in 2018 (44-8) die oorhand kry, met die Covid-19-pandemie wat in 2020 en 2021 skolerugby gekelder het.