Noordvaal se Beker-kompetisie word nie in Mei gewen nie, maar daar bestaan geen twyfel nie dat die Hoërskool Monument die afgelope naweek ’n groot waarskuwing aan sy teenstanders uitgestuur het.
Monnas se eerste rugbyspan, die Wit Bulle, het Saterdag vir ’n fees gesorg toe hy in sy agterplaas, die Ras van Rooyen-rugbyveld, vir die Hoërskool Garsfontein met 43-19 bloedneus gegee het.
Die Garsies was sterk op koers na ’n eerste onoorwonne rugbyseisoen nadat hy reeds met onder meer die Hoër Tegniese Skool Drostdy (67-0), Affies (20-19), die Hoërskool Framesby (43-13) en Paul Roos Gimnasium (21-18) klaargespeel het.