Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) ruk die week in busse op na Bloemfontein waar hy Saterdag vir Grey Kollege pak in een van skolerugby se grootste trekpleisters.
’n Ou wedywering hervat met ’n ryk geskiedenis tussen twee van die land se oudste skole, wat vir die 47ste keer op die rugbyveld sal swaarde kruis.
Die eerste kragmeting is reeds in 1950 beslis, maar weens die afstand tussen die skole, het hulle eers van 1996 jaarliks teen mekaar begin opdraf.