Dit lyk of snoesige baadjies en kniekombersies aan die orde van die dag gaan wees wanneer die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) en Paarl Gimnasium mekaar Saterdag in die Paarl-interskole pak.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ’n 30%-kans op reën Saterdag in die Paarl. Die kwik sal waarskynlik tot sowat 15 °C styg.
Dit sal gedeeltelik bewolk wees met reënbuie deur die dag, voorspel die Weerdiens.