Die o.18-Cravenweek maak vanjaar sy terugkeer ná ’n afwesigheid van twee jaar en reeds op die tweede dag wag die Jukskei-derby.
Die Bulle en die Goue Leeus, die Noordvaal se twee rugbyreuse, gaan mekaar behoorlik opkeil wanneer die toernooi vir die eerste keer sedert 1967 weer in Kaapstad plaasvind. Die Rondebosch Boys’ High School is die gasheer.
Die Bulle het egter reeds ’n slag geslaan toe hulle die Goue Leeus in ’n opwarmingswedstryd met 38-21 geklop het, terwyl hy sy ander wedstryd teen die Valke met 63-17 gewen het.