Die Hoërskool Waterkloof is onlangs as die kampioen van die T20-Noord-Suid-toernooi gekroon nadat hy die Hoër Volkskool Potchefstroom in die eindstryd met agt paaltjies geklop het.
Die Klofies, wat in Groep B ingedeel is op die toernooi by Camp Discovery in Pretoria, het net ’n enkele keer die knie gebuig op pad na die eindstryd en met Northwood High School van Durban, Grey Kollege van Bloemfontein, Wynberg Boys’ High School van Kaapstad en die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) klaargespeel in sy veldtog.
In die eindstryd het Volkies eerste gekolf en 120 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.