Die Midstream College van Olifantsfontein het sy segetog in Afdeling 2 van die Noordvaal-kompetisie voortgesit toe hy in ’n naelbytstryd ’n sterk aanslag deur die Hoërskool Overkruin afgeweer het en met 23-21 as die oorwinnaars van die veld gestap het.
Midstream het sake in die eerste helfte beheer en drieë deur Rowan Lindique en Jacques Vos, tesame met Jaedon de Leeuw se skopstewel, het hom teen lemoentyd ’n gemaklike voorsprong met 15-0 laat geniet.
Overkruin het egter geweier om die wit vlag te hys en in die tweede helfte verwoed terugbaklei.