Die Hoërskool Monument en die Hoërskool Dr. EG Jansen se onoorwonne status in die Noordvaal-kompetisie se Beker-afdeling is Saterdag in Boksburg op die spel.
Monnas sal slegs die tweede keer vanjaar in dié kompetisie in aksie wees nadat hul wedstryde teen die Hoër Tegniese Skool Middelburg en Hoërskool Waterkloof uitgestel is. Hy het egter met sy klinkende oorwinning van 43-16 oor die Hoërskool Garsfontein gewys dat hy ’n gedugte teenstander is.
Jansies weer het reeds met die Hoërskole Marais Viljoen (43-15), Noordheuwel (19-18), Waterkloof (34-26) en Helpmekaar Kollege (24-12) klaargespeel.