Die Hoërskool Noordheuwel het Donderdag vir ’n groot verrassing gesorg toe hy gelykop teen die eerste rugbyspan van die Hoër Landbouskool Boland gespeel het op die eerste dag van die St. John’s College-Paastoernooi.
Die Nories was in ’n stadium met 11-22 agter, voordat hulle geleidelik begin terugveg het met sjampanjerugby in Johannesburg om eindelik die louere met 25-25 te deel.
Die span het nie geskroom om die bal in kontak uit te gee nie en die goeie skakeling tussen voor- en agterspelers was deurslaggewend in sy terugvegpoging.