Ná ’n stotterende begin het die Suid-Afrikaanse Skolerugbyspan van rat verwissel en die naasbestes, die SA Skole A-span, op ’n drafstap geklop.
Die topspan het Saterdag met 57-27 by die Hamiltons-rugbyklub in Kaapstad gewen.
Die SA Skolespan het agt drieë gedruk. Hoewel die wenspan vier drieë in die eerste helfte gedruk het, het dinge eers behoorlik ná die omdraaislag vlam gevat .