Diegene wat ’n voorsmakie wil hê van watter spelers in die komende jare waarskynlik ’n impak op die plaaslike rugbytoneel gaan hê, moet inskakel wanneer die room van die land se skolespelers mekaar Saterdag die stryd aansê.
Die Suid-Afrikaanse Skolespan kom teen SA Skole “A-span” by die Hamiltons-rugbyklub in Kaapstad te staan.
Die twee spanne is ná afloop van die onlangse Cravenweek-toernooi vir o.18-spanne aangewys. Dit is die eerste keer sedert 2019 dat die Suid-Afrikaanse Skolespan in aksie sal wees.