Die Wêreld-skolerugbyfees kan nog ’n sterker Suid-Afrikaanse geurtjie kry, met die hoof van junior rugby by die Blou Bulle, Wessel du Plessis, wat genooi is om een van die deelnemende spanne te brei.
Du Plessis, wat tussen 2014 en 2019 die eerste span van Grey Kollege afgerig het, is deur Jon Phelps, toernooi-organiseerder, gevra om te help om die Odyssey-vyftiental in die Ope-kompetisie touwys te maak. Hy sê daar heers egter tans nog ’n bietjie onsekerheid oor of hy wel op die vliegtuig na Thailand sal klim vir die toernooi wat van 12 tot 17 Desember beslis word.
“Hulle vlieg oor ’n week of twee, maar daar is nog nie vir my ’n kaartjie gekoop nie en daar is ook nie meer plek op van die vlugte nie,” het Du Plessis Woensdag by navraag gesê.