Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) se ondersteuners en spelers het alom die nuus verwelkom dat ’n legende in dié skool se trotse rugbygeskiedenis, Sean Erasmus, terugkeer na Brugstraat, en vir dié breier is dit ’n ewe groot voorreg om weer daar af te rig.
Erasmus het die eerste rugbyspan van dié Paarlse seunskool tot drie onoorwonne seisoene (2015 tot 2017) oor plaaslike teenstanders gelei voordat hy aan die einde van 2018 na die Goue Leeus geskuif het.
Nou is hy terug by sy “huis” en hy het reeds op 1 November sy pligte as rugbyhoof van Boishaai hervat.