Die Kroatiese sportster Ana Maria Markovic´ verwerp die titel van “sexyste” sokkerspeler ter wêreld nadat sy in die media geprys is vir haar voorkoms.
The Sun berig Markovic´ (22) is tevrede met die beskrywing van “die pragtigste sokkerspeler ter wêreld” wat in sommige publikasies voorkom, maar sy is minder in haar noppies met die woord “sexyste”.
Markovic´, wat vir die Switserse Superliga-klub Grasshopper en Kroasië se nasionale span speel, bespreek die kwessie in ’n onderhoud met die Duitse koerant 20 Minuten.