Josep Maria Bartomeu, beleërde president van die Spaanse sokkerreus Barcelona, het op sy swaard geval.
Bartomeu het Dinsdag sy bedanking ingedien. Dit volg nadat 20 000 ondersteuners van die klub ’n petisie onderteken het waarin hulle op sy bedanking aandring.
Die res van Barcelona se raad van direkteure het ook hul bedankings ingedien.