Aanhangers van Manchester United en Liverpool het Dinsdagaand op Anfield verenig met ’n minuut se staande applous ter ondersteuning van Cristiano Ronaldo en sy gesin nadat sy pasgebore seun gesterf het.
Dit was ’n emosionele oomblik toe Liverpool-ondersteuners hul klub se amptelike lied, “You’ll Never Walk Alone”, daarna in die sewende minuut van die kragmeting gesing het – Ronaldo se truinommer by United.
Die tuisspan het United in ’n Premierligawedstryd met 4-0 geklop.