Dit was ’n stryd van twee uiterstes, ’n tipiese derbywedstryd.
Aan die een kant het Liverpool se sokkerspan op sy tuisveld, Anfield, sy aanspraak op die Engelse Premierliga-kroon probeer behou deur die voorsprong tussen hom en die voorloper, Manchester City, tot net een ligapunt te laat krimp.
Aan die ander kant het sy buurman Everton om oorlewing geveg, om nie aan die einde van die seisoen gerelegeer te word nie.