Cristiano Ronaldo het aan Manchester United gesê hy wil dié Premierliga-klub teen die einde van die seisoen verlaat omdat hy graag in die Kampioeneliga wil speel.
Daar is al vroeër bespiegel oor Ronaldo se toekoms by United nadat die klub nie verlede seisoen vir die Kampioeneliga kon kwalifiseer nie.
Die nuwe afrigter, Erik ten Hag, het egter gesê die Portugese doelskieter is deel van sy planne.