Orlando Pirates sal op 20 Mei in die eindstryd van die Afrika-konfederasiebekerreeks teen die Marokkaanse span Renaissance Berkane te staan kom.
Hy het weliswaar Sondagaand in ’n nat en gladde Orlando-stadion in Soweto met 0-1 teen Libië se Al Ahly Tripoli verloor, maar danksy sy oorwinning van 2-0 in die eerste halfeindwedstryd tussen die twee spanne na die eindstryd deurgedring.
Renaissance Berkane het op sy tuisveld met 4-1 geseëvier oor TP Mazembe van die Demokratiese Republiek die Kongo.