Twee Suid-Afrikaanse boksers – die een ’n man en die ander ’n vrou – boks Saterdag op die Statebondspele in Birmingham in die halfeindronde.
Beide is minstens van ’n bronsmedalje gewaarborg omdat hulle die halfeindronde gehaal het.
As hulle sou wen, veg hulle teen die ander halfeindronde-wenners om te bepaal wie goud en wie silwer ontvang. Beide verloorders in die halfeindronde sal bronsmedaljes ontvang.