Die 21-jarige Oos-Randse stoeier Edward Lessing het Vrydagaand op die Statebondspele in Birmingham ’n bronsmedalje met ’n enkele punt misgeloop.
Lessing, ’n boorling van Alberton, het in die vrystyl-eindstryd (86kg) om die bronswenner te bepaal, teen die Australiër Jayden Lawrence met 11-12 vasgeval.
Twee ander Suid-Afrikaners is Saterdag in aksie.