Dit is vir haar vreemd om op televisie na die wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye, te kyk en nie self deel te neem nie, maar dit maak haar meer opgewonde oor die komende Statebondspele.
Só sê die 24-jarige Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrika se Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer in die 200 m-borsslag.
Schoenmaker het vroeër besluit om nie aan die wêreldkampioenskap deel te neem nie omdat sy vir ’n slag ’n behoorlike fiksheidsbasis wil opbou.