Ashleigh Barty dra Saterdag die gewig van ’n land se verwagtinge op haar skouers wanneer sy teen die Amerikaner Danielle Collins in die eindstryd van die Australiese Ope te staan kom.
Sy mik daarna om Australië se wendroogte van 44 jaar vir ’n tuiskampioen te verbreek.
Die wêreld se voorste vrouetennisspeler het die afgelope twee weke net 21 potte verloor onderweg na haar eerste eindstryd op Melbourne Park.