Serena Williams se agent, Jill Smoller, sê die Amerikaanse tennisster se suster, Venus, het die weg vir haar kliënt se sukses gebaan.
Die Williams-susters spog met ’n gesamentlike 30 Grand Slam-titels en vyf Olimpiese goue medaljes. Hulle is ook dubbelspelspanmaats met ’n allemintige 14 Grand Slam-seges.
Hulle word dus beskou as legendes in die sport en Serena is die suksesvolste vrouespeler tot nog toe.