Novak Djokovic sal nie baat vind by die tydperk wat hy tans boaan die wêreldranglys deurbring nie.
Só het ATP, die beheerliggaam vir manstennis, bevestig met geen ranglysposisies wat sal geld terwyl die wêreld se tennistoernooie uitgestel is nie.
Die ATP het sy toernooie in Maart aanvanklik vir ses weke opgeskort weens die Covid-19-pandemie, maar dié tydperk later tot 13 Julie verleng.