Roger Federer is steeds die bes betaalde tennisspeler ter wêreld ondanks die feit dat hy die afgelope 12 maande skaars ’n voet op die baan gesit het.
Die 40-jarige Federer is weens ’n kniebesering nie vanjaar in die Australiese Ope in aksie nie. Skete het hom ook tot slegs vyf toernooie in 2021 beperk, maar dit het nie die wenner van 20 Grand Slam-titels verhoed om sakke vol geld te verdien nie.
Die Switser het £62,4 miljoen in 2021 verdien en pronk boaan Forbes se lys van die bes betaalde tennisspelers. Die bedrag kom neer op ongeveer R3,5 miljoen per dag.