Die “Spesiale K’s” sal Saterdag ’n laaste kans kry om hul Australiese landgenote in Melbourne te vermaak.
Nick Kyrgios en Thanasi Kokkinakis, wat as junior spelers die “Spesiale K’s” gedoop is, het Donderdag in ’n stampvol Rod Laver-arena hul plekke in die dubbelspel-eindstryd van die Australiese Ope bespreek.
Dié duo het die derde gekeurde paar, Marcel Granollers (Spanje) en Horacio Zeballos (Argentinië), met 7-6(4), 6-4 in die halfeindronde verslaan en sal nog ’n Aussie-paar, Max Purcell en Matt Ebden, in die eindstryd pak.