Victoria Azarenka het gevra vir ’n "swart-en-wit-benadering" oor Covid-19-inentings by Grand Slam-toernooie om gevalle soortgelyk aan dié in Australië vanjaar te vermy.
Die oningeënte Novak Djokovic en Renata Voracova is voor die begin van die Australiese Ope in Melbourne van hulle visums gestroop en gedeporteer.
Azarenka, ’n lid van die Vrouetennisvereniging (WTA) se Spelersraad, sê: “Dit kon verhoed word.