Die 17-jarige Isabella Kruger van SA kom vandag in haar eerste eindstryd van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se toernooi in Tossa de Mar in Katalonië teen die 21-jarige Rosa Vicens Mas van Spanje te staan.
Kruger, wat 596ste op die WTA se vroueranglys is, het in die halfeindronde geskitter toe sy haar veel meer ervare teenstander Ioana Loredana Rosca van Roemenië met 6-3, 6-3 uitgeskakel het.
Rosca het reeds vyf enkelspeltitels en 23 dubbelspeltitels in ITF-toernooie gewen.