Die Japannese tennisster Naomi Osaka begin haar eie mediamaatskappy saam met die basketbalkampioen LeBron James en sê dit is daarop gemik om stories oor kulturele grense heen te vertel.
Hana Kuma, wat volgens Osaka “blommebeer” in Japannees beteken, sal volgens Hollywood Reporter “verhale verskaf wat eie aan ’n spesifieke kultuur, maar universeel vir alle gehore is”, en verskeie projekte is reeds aan die gang.
“Dit maak my opgewonde om in staat te wees om mense te inspireer en nuwe stories te vertel, veral verhale wat ek as kind sou wou sien,” sê Osaka, wenner van vier Grand Slam-titels.