Prinses Catherine van Wallis sal volhard met die tradisie om die oorhandiging van die trofee aan die Wimbledon-enkelspelkampioene te behartig – ongeag of die wenners van Rusland of Belarus afkomstig is.
The Times berig die prinses beplan om haar pligte as die beskermheer van die All England Club (AEC) na te kom, al heers daar kommer oor ’n hoëprofiellid van die koninklike gesin wat die trofees oorhandig terwyl die oorlog in Oekraïne voortwoed.
Die organiseerders van Wimbledon sal na verwagting binne die volgende twee weke met die verbod op deelnemers van Rusland en Belarus wegdoen.