Serena Williams sê haar “hart is gebreek” nadat sy haar Dinsdag weens ’n besering aan Wimbledon moes onttrek.
Die 39-jarige Amerikaner, wenner van sewe Wimbledon-titels, was met 3-1 voor in die eerste stel in haar openingswedstryd van die toernooi teen Aliaksandra Sasnovich van Belarus toe sy gly en haar regterbeen beseer.
Sy is behandel en het met die kragmeting voortgegaan voordat sy met die telling op 3-3 handdoek ingegooi het en die hoofbaan in trane verlaat het.