Nick Kyrgios beskryf sy landgenoot en medetennisspeler Bernard Tomic as “die mees gehate sportman in Australië”.
Express berig Kyrgios het die vete tussen hom en Tomic Donderdag weer aan die brand gesteek.
Die duo was destyds vriende, maar het jare gelede ’n uitval gehad en hap mekaar sedertdien van tyd tot tyd in die media.