Daniil Medvedev het Donderdag met sy eerste oorwinning in drie probeerslae oor Australië se Nick Kyrgios ’n duidelike waarskuwing aan die res van die deelnemers in die Australiese Ope gerig.
Die tweede gekeurde Rus het in ’n vuurwarm kragmeting in net minder as drie uur met 7-6(1), 6-4, 4-6, 6-2 die derde ronde gehaal.
Kyrgios, bekend om sy streke, is ’n keer aangespreek oor sy vloekery en het ’n raket gebreek, maar dis oorskadu deur die petalje met die toeskouers tydens Medvedev se TV-onderhoud agterna op die baan.