Die 36-jarige Spanjaard Rafael Nadal het Sondag sy 22ste Grand Slam-titel verower deur die Franse Ope-tennistoernooi ’n 14 de keer sedert 2005 te wen.
Die Koning van Klei het die 23-jarige Noorweër Casper Ruud (agtste gekeur) – ’n student van Nadal se akademie in Spanje – oortuigend in net drie stelle met 6-3, 6-3, 6-0 geklop.
Die wedstryd het net 2 uur en 18 minute geduur.