Nick Kyrgios het vir Emma Raducanu in die bres getree nadat die Britse tiener die laaste tyd deurloop onder kritiek van voormalige beroepstennisspelers.
Raducanu, die 19-jarige Amerikaanse Ope-kampioen, sukkel vanjaar met haar spelpeil en word gereeld deur beserings geteister.
Sy is hierdie seisoen in die meeste toernooie waarin sy meegeding het vroeg uitgeskakel. Daar word dus al hoe meer vrae oor Raducanu se status as ’n voorste speler gevra nadat sy verlede jaar so skielik die kruin bereik het.