Novak Djokovic is Sondag in sy eerste eindstryd van ’n moeilike jaar deur Andrey Rublev van Rusland geklop.
Die tweede gekeurde Rublev het die wêreld se voorste speler – en ’n luidrugtige tuisskare in Belgrado – in net minder as twee en ’n half uur met 6-2, 6-7(4) en 6-0 geklop om sodoende as die Serwiese Ope-kampioen gekroon te word.
Dit was maar Djokovic se derde toernooi vanjaar, terwyl die Rus reeds sy derde titel van 2022 ingeryg het. Hy het vanjaar 23 seges in 28 wedstryde behaal en het hom by Rafael Nadal aangesluit, wat ook al drie toernooie vanjaar gewen het.