Novak Djokovic sal volgende week se Meesters 1000-toernooi in Miami misloop omdat sy aansoek om van ’n koronavirus-inenting kwytgeskeld te word om Amerika binne te gaan, van die hand gewys is.
“Ons het probeer om kwytskelding vir Novak Djokovic te verkry, maar kon dit nie vermag nie,” sê James Blake, toernooidirekteur van die Miami-Ope.
“Ons is uiteraard een van die gesaghebbendste tennistoernooie ter wêreld en ons wil altyd hê dat die beste spelers hier meeding.