Emma Raducanu, Brittanje se voorste vrouetennisspeler, is “onbeskikbaar” vir haar land se Billie Jean King-bekerwedstryd teen Frankryk.
Só sê Anne Keothavong, die Britse kaptein.
Raducanu, wat tans 77ste op die wêreldranglys is, het vandeesweek die ronde van 16 gehaal in die Indian Wells-toernooi, maar teen Iga Swiatek verloor.