Rafael Nadal is uit die Italiaanse Ope geboender en sal vir die eerste keer sedert 2004 by die Franse Ope opdaag sonder dat hy in die aanloop tot die Grand Slam nie minstens een kleibaantitel gewen het nie.
Denis Shapovalov van Kanada het die Spaanse wenner van 21 Grand Slam-titels met 1-6, 7-5, 6-2 geklop om deur te dring na die kwarteindronde in Rome.
Nadal (35) het goed begin, maar mettertyd fisiek begin sukkel. Dit laat vrae ontstaan oor sy fiksheid voor Roland Garros, waar hy die titel al 13 keer gewen het.