Aryna Sabalenka moes eers haar senuwees tem voordat sy Saterdag op die hoofbaan in Melbourne die Australiese Ope vir vroue gewen het met ’n oorwinning van 4-6, 6-3, 6-4 oor Elena Rybakina van Kazakstan.
Dit was die Belarus se 11de agtereenvolgende oorwinning vanjaar en dit sal die vyfde gekeurde tot tweede op die wêreldranglys agter Iga Swiatek van Pole laat opskuif.
Die 24-jarige Sabalenka was in drie vorige Grand Slam-halfeindrondes aan die verloorkant nadat haar emosies die oorhand oor haar gekry het.