Serena Williams, die voormalige nr. 1-tennispeler van die wêreld, het Vrydag laat deurskemer dat sy in Junie op Wimbledon ’n terugkeer na die baan beoog.
Presies ’n jaar sou verloop het indien dit gebeur.
’n Duidelik aangedane Williams het verlede jaar in die eerste ronde op Wimbledon weens ’n beenbesering onttrek. Sy het nog nie sedertdien mededingende tennis gespeel nie.