Serena Williams sal nie vir die Olimpiese Spele na Tokio reis nie. Die 23-malige Grand Slam-enkelspelwenner het dié nuus Sondag gedeel sonder om enige redes vir haar besluit bekend te maak.
Die Amerikaner, wat in September 40 word, het die enkelspel op die Londen-Spele in 2012 gewen en drie goue medaljes saam met haar suster, Venus, verower. Dit was in Sydney (2000), Beijing (2008) en Londen.
“Ja, ek is wel nie op die Olimpiese lys nie. Minstens nie waarvan ek bewus is nie. En as ek is, dan moet ek nie daarop wees nie,” het Williams op die vooraand van Wimbledon gesê.