Om hul reis na tennisroem in ’n nuwe fliek te sien, was “onwerklik”, sê die Amerikaanse legendes Serena en Venus Williams oor ’n nuwe rolprent waarin Will Smith speel.
Smith vertolk die rol van dié susters se pa, Richard, wat ten spyte daarvan dat hy geen agtergrond in die sport gehad het nie, en baie min geld, sy dogters na ongeëwenaarde sukses gelei het.
Die Williams-familie was sterk betrokke in die ontwikkeling en produksie van King Richard, wat op 19 November uitgereik sal word. Serena en Venus se suster Isha Price is een van die uitvoerende vervaardigers.