Die Grand Slam-kampioen Naomi Osaka sê sy is bekommerd oor die tennisspeler Peng Shuai, wat verdwyn het nadat sy bewerings van seksuele aanranding teenoor ’n voormalige Chinese adjunkpremier gemaak het.
Peng, een van China se grootste sportsterre, het vroeër vandeesmaand op sosiale media gesê dat ’n voormalige staande komiteelid van China se Politburo, Zhang Gaoli, haar gedwing het om met hom seks te hê en dat hulle later in ’n aan-af-verhouding was.
Die wêreld se tennisgemeenskap is besorg omdat Peng sedertdien spoorloos verdwyn het.