’n Versamelaar het die afgelope naweek in Amerika die meeste geld tot nog toe vir ’n vroue-sportkaart betaal.
’n Getekende sportkaart van die Amerikaanse tennisspeler Serena Williams, wat in 2003 gedruk is, is vir $44 280 (sowat R660 000) op ’n veiling van Goldin Auctions in New Jersey van die hand gesit.
Die vorige rekord vir ’n sportkaart van ’n vroue-atleet was $34 440 (R507 000). Dít was vir ’n kaart van die voormalige Amerikaanse sokkerspeler Mia Hamm.