Die dogters van die voormalige Springbok-stut Ollie le Roux en die oud-Bok-kaptein Corné Krige was teenstanders in die halfeindstryd van die Amanda Coetzer-tennistoernooi Vrydag in Bloemfontein.
Die toernooi tussen die voorste meisiespanne in die land, wat jaarliks sedert 1998 gehou word, het weens Covid-19 nie die afgelope twee jaar plaasgevind nie.
Ollie se dogter Donna (14) is die nommer twee-speler van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Sy het Sophia Krige (17), ook Paarl Girls’ High se nr. 2, met 6-2, 6-2 geklop.